Goeie naand aan al die bloggers. Ek het ‘n comment gekry van een van julle wat vra of ek nog kan onthou wat ‘n blog is, en ek moet eerlik dit seker antwoord. Ek het soort van vergeet dat ek my eie blog het, ek kry sulke tye dat ek sekere dinge net skoon vergeet. So ja ek het met hulp besef dat ek wel op wordpress is (hehehe). Ek is weer terug in die land van rys en tjopsticks. Ek bly in ‘n nuwe stad, so 1uur vanaf my ou dorp. Dis nie so mooi soos 경주 nie, maar hier is baie meer dinge om te doen sonder op na ‘n ander stad te hoef te gaan. Ongelukkig omdat dit nou groter is, is die taxi geld budget ook groter per maand.
Ek is nou so 2 weke by my nuwe skool en dinge lyk belowend vir die jaar. Dis net op ‘n groter skaal as wat ek gewoont was. So ek sal maar net my slippers moet aanhou en vinner hardloop. Ons Het in die twee weke wat verby is meer gewerk as wat ek in 3 maande by my ou skool gewerk het. Inelk geval ek sal ‘n nota op my deur plak om myself te herinner dat ek moet blog sodat ek nie weer vergeet nie.
Hier is ‘n paar foto’s van die afgelope tyd wat ek weg was.
- Walkway inside the airport
















![OMG ! [ Explore #1 ] OMG ! [ Explore #1 ]](http://static.flickr.com/2631/4150305338_5dd4270c04_t.jpg)









Bly jy’s terug! Sien uit na jou stories in die nuwe stad!
Ek is ook bly jy is terug!!
Mmmmm daai koek lyk smullekker!!
Jinne, Mocka, ek het al moed opgegee met jou!
Welkom terug, en laat waai met die nuus!
Welkom terug. Regtig lekker om weer van jou te hoor! Hoop jy blog nou meer gereeld!
Me thinks Reina teacher is sexy…8)
NS: Daar’s nie veel plekke in Korea wat so mooi is soos Gyeongju nie!
Welkom terug!
Daardie walkway sal my sommer nou op ‘n vliegtuig laat klim! Dit skep seker ‘n baie aangename atmosfeer so binne in die lughawe!
Ag nee hemel MJ ons verlang mos nou na jou!!! Dis cruel!!! dat jy ons so laat suffer
Wat gaan aan dat hier niks aangaan nie huh????
Het jy alweer vergeet jy’t ‘n blog???
Nee, regtig hoor. Maak ‘n plan en kom hier uit!!!
Hi wipneus, Zee, kaalvoet en boer – sjoe ek sal nie weer so n droogte seisoen wil ervaar nie, die comments is interesant ( kaalvoet)