Ek geniet elke oomblik wat ek het in die sonnige Suid-Afrika, maar alle goeie dinge kom tot ‘n einde.

Ek gaan weer terug na die vere ooste om nog ‘n jaar te kan toer en my bearings agter mekaar te kan kry om sodoende finaal te kan besluit wat ek vir die res van my lewe vorentoe wil doen.
Ek sit nou en wag vir die skool om terugvoering te gee op die vlieg reelings om te kan gaan.
Ek was so moeg gewees van die 17 ure vlug wat ek vanaf korea tot in my moederland gehad het, dat ek net by die huis wou kom en in my eie bed klim en slaap, maar soos ek moes geweet het het die familie ander planne gehad. Ek kan eerlik waar se ek het nou genoeg gebraai vir die volgende jaar en ek sal rerig nie dit mis terwyl ek weer in korea is nie.
Ek het probeer om by almal uit n kuiertjie in te kry, maar tyd is nie aan my kant gewees nie, en ek weet ek is reeds met soveel mense in die moeilikheid. Dit was rerig lekker om van my goeie vriende weer te kon sien.
Die dae word weer min en dis amper weer tyd om die tasse reg te kry en die geliefdes te groet vir n jaar.












Tyd is ‘n bliksem! DIs onmoontlik om by almal uit te kom! Bly jy geniet jou tyd daar! Ek sien uit na jou terugkoms! Ek is ook nou so maand terug en geniet dit baie, maar dis baie koud! Ek mis die somer…
Sterkte met die travel reelings ens.
Oi, Mocka, ek het gewonder of ons ooit weer van jou gaan hoor! Sterkte met die reelings, en sit maar so af en toe ‘n ou possie op vir die blogfamilie?
Lekker om weer van jou te hoor MJ!!! Sterke met die reëlings!!
Ek sien uit na jou terugkoms! Bly om te sien daar’s lewe!
So kom alle goeie dinge op ‘n einde!
Thanx almal, ek sit op die punt van my stoel en wag vir my agent om my te bel, ek kan seker maar net dit op die oomblik doen, ek sal weer gereeld blog as ek daaikant is, die CAPS ding hier in SA is killing me soflty, hehe
Gaan jy terug Korea toe?
EK het ‘n voeltjie hoor fluit dat jy vandag weer terug is! Yeah! Dan sommer ook happy b-day tjomma!
Mag dit ‘n baie gelukkige dag op hierdie Vrydag die 13e vir jou wees!!!!!
Sien uit na blogstories!!!!
Bifday??
Happy, happy, Mocka!
Ag, en ek hoop jy’s rerig terug?
Is jou vakansie nie nou al laaaaaaaaaaaaaaankal verby nie huh?
Ek weet jy’s terug in die land van rys en seewiere en jy kan regtig nie SO besig wees nie!
Se vir my, het jy vergeet jy’t ‘n blog of wat???
Just passing by.Btw, your website have great content!
_________________________________
Making Money $150 An Hour