Ek sit aan die anderkant van die wereld met my eie lewe en dinge om oor te bekommer. Ek probeer gereeld met die familie en vriende in Suid-Afrika gesels om te hoor hoe dit met hulle gaan en wat hulle alles nog aanvang.
2008 was ‘n jaar vol ervaringe en opvinding vir my hier in Suid-Korea, maar daar het soveel hartseer gebeur met mense na-aan my en dit was baie moeilik om afgesny te moet wees. Ek het geleer dat mens moet hoop en vertrou dat dit nie in jou hande is nie maar in ons Skepper en dat ons moet glo in Hom.

Dinge het goed gegaan met enkele probleempies, maar niks om oor te veel te bekommer nie. Ek het die week snaaks gevoel en onrustig en geweet dat dinge nie reg is in die sonnige Suid-Afrika nie, maar niks kon my voor berei vir wat ek sou hoor nie. En ek weet ek skryf nou hierdie inskrywing , maar ek kan nie die detail van dit vertel nie. Weereens kry ek myself in die posisie dat my hande afgekap is en dat daar niks is wat ek kan doen nie. Ek gaan oor 12 dae terug Suid- Afrika toe en dit maak my bang om te moet terug gaan, na aanleiding van die gebeurenisse wat afspeel.
Al wat ek nou kan doen is om dit oor te laat in die genade van die Here.

(Foto’s deur www.flickr.com)












Baie sterkte! My gedagtes is met jou en my gebede altyd.
Dankie boer – ek waardeer dit opreg.
MJ ek dra jou ook op in my gebede, Sterkte!
My blog begin voel soos n sielkundige se spreekamer. Ek dink as ek eers in Suid-Afrika is en bietjie die familie kan sien sal ek wee my ouself kan wees. MEns besef nie hoe “afhanklik mens van hulle is nie”
Veral in tye soos nou. dankie wipneus.
(‘n positiewe ding is dat dit al sneeu op sekere plekke in korea)
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
MJ jou blog kan maar soos ‘n sielkundige se spreekkamer voel! Dis nie maklik om ver van jou geliefdes te wees nie. Natuurlik verlang mens, jy sal beter voel as jy net weer voet in SA gesit het.
Nog net 9 dae
MJ, sterkte! Ek dink aan jou! Dis sleg dat daar soveel seer is hierdie tyd van die jaar! Dit put mens net meer uit! Dit maak mens moeg-siek! Ek luister na Danie Botha se nuwe CD (nog nie op rakke), by kerk opgeneeem met bekendstelling! Kry dit as jy in SA is! Sterkte XX
Ai, ou Mocka. Sterkte, jong.
x
dankie aan almal. Ek het nog net 5 dae en 4 nagte oor, Raak nou opgewonde.
Ja ek het gou kom loer – om te hoor hoe gaan dit met die pakkery!!! Nou is dit min slapies MJ!
Nou loer ek die laaste keer in, ek gaan ook nou op verlof! MJ geniet jou vakansie in SA. En ‘n baie geseënde Kersfees en voorspoed vir 2009!!!!!
Mooi bly
MJ hoe gaan dit???? Het jy nie internet in SA nie??? Ons is bekommerd jong!
Baie sterkte!
Ek hoop jy geniet nog jou vakansie! Dis nou weer tyd vir my om terug te gaan na die land van rys en seewiere! Ek sien so op om die koue te trotseer en sukkel om my tas gepak te kry binne die 20kg beperking! Dis sommer simpel, as jy US toe vlieg kan jy 2 tasse van 23kg vat! Anyway, ek sal seker iets uitfigure!
Geniet die somer!
Jammer MJ ek was lanklaas hier, en nou tref ek jou weer met hierdie (hartseer) inskrywing. Sterkte jong, met wat ookal aan die gang is. En ek stem absoluut en heelhartig met wipneus saam – jou blog MAG maar soos sielkunde voel. (Dit is die rede hoekom ek begin het, maar dit is ‘n storie vir eendag). Selfs al is dit net virtueel, is dit steeds terapeuties om jou gedagtes uit te kry, en uit te vind hoe baie mense jou wel ondersteun!
Voorspoedige feestye, en ek vertrou die Nuwe Jaar bring jou baie seëninge!
Hello MJ Geseënde Kersfees en voorspoed vir die nuwejaar!!! Hoop jy geniet jou vakansie!
Snuif…snuif….?
Wat ruik ek…?
‘n Dooie blogger?
Voorspoed vir 2009 en hoop jy blog eendag weer!