‘n Goeie vriend van my het vir my die youtube link gestuur, hy het gese dit laat hom dadelik aan my dink, omdat ek so sukkel om te slaap. Wel nou deel ek dit met almal. Dis die klei animasie Wallace and Gromet. Ek was mal oor die storie so ek het dit as n kompliment gevat.
Terwyl ek dit op youtube sit en kyk het ek aan Mr Bean se episode ook gedink waar hy nie kon slaap nie, die video is 7 minute – maar aan die heel einde tel hy die skape en raak deurmekaar, so hy gebruik toe n calculator, enjoy.












Nee, ek sukkel nie om aan die slaap te raak nie. Maar deur die nag word ek wakker en sluip soos ‘n spook in die huis rond! Gaan drink water, besoek die privaat, lees e pos, soms lees ek tot ‘n blog of twee!!
Mr Bean is classic!
Ek is gewoontlik morsdood as ek by die huis kom na skool. Ek kom so half nege by die huis, en die grootste fout wat ek maak is om op die bed te gaan le, ek skrik gewoontlik so 1uur of 2 later wakker en dan is dit verby, ek kan probeer tot ek jan pierewiet sing maar dan is die klaas vaakie lankal weg met sakke pak.
MJ miskien moet jy ‘n wiegie liedjie probeer! Iets soos: Slaap my kindjie slaap sag …..
Thanx wipneus, ek sal liewers nie vir myself sing nie, dit kan my dalk net nog meer wakker hou, hehe
As jy desperaat, kan ek vir jou kom sing….
BiB, dit klink soos ‘n dreigement daai!
Ek het ook soms slapelose nagte. Om dan in die bed te le, is ‘n nagmerrie op sigself. Ek sien baie van myself in Mr Bean – ek sal net nie sover gaan om ‘n calculator te gebruik nie!
Niks beat egter ‘n middagsnooze nie! Dit kan ek enige tyd van die dag doen…
boendoe ek ook, ek mis my sondae middag slappies, want deesdae staan ek eers 3uur die middag op op sondae, hehe,
boer dis okay, maar dankie vir die aanbod.