
Ek bly in n 3m by 3m kamer. Die somer was nogals n nagmerrie weens die kamertjie so klein is en ek nie n aircon besit nie. Maar mens raak dit maar ook gewoont as jy net een persoon is, ek kry nie gereeld kuier mense by my plekkie nie weens die spasie probleem, maar verlede week het ek n onverwagte gas gekry. Sy naam is Hunter die hottentotsgot. Vanaf n ongenooide gas na n permanente kamermaat, gelukkig is hy baie klein en hy help my om die insekte intoom te hou, so dis nie dat hy heeltemal gratis hier bly nie.

Dit vat nogals om hom gewoont te raak, want hy hoy daarvan om in die middel van die nag om n vlieg ekspidisie in my kamer te gaan en in alles vas te vlieg, die eerste aand het ek ook maar n paar keer my G A T afgeskrik, maar vinnig gewoont geraak. Ons sal maar sien hoe lank Huntter gaan aanbly voor hy n nuwe blyplek gaan soek.













Ek is bly jy het ‘n nuwe kamermaat gekry!
Hello Hunter ek hoop jy en Mj gaan baie lekker saam bly!
Dankie Wipneus. hehe.
Baie nice!
Hou Hunter van soju?
Uiters koel. Ek is mal oor hulle, en blykbaar is hulle mos goeie geluk. Gunsteling gereg, rou: Muskiet.
waar de flyinf fog het jy nou al van ‘n drie by drie meter tuin gehoor ….wrgatag waar jy an jou geod kom weet gin flying angel nie
c
Mocka, amper vloek ek! Ek sal dit nooit oorleef met so ding wat my kamer deel nie! Jy het seker nerwe van staal?
MJ ek loer gou hier in om te hoor hoe dit met jou gaan? Ek hoop jy voel al beter!!!
2maande, 1 week en 6 dae, vlieg vinnig verby!
Groete vir Hunter
Boer ek is nog nie seker nie, ek moet hom eers opspoor, ek dink hunter het so bietjie op n hunting trip gegaan,
rosalindfranklin – ek dink ook die een bring so bietjie geluk na my kant toe, dis jammer dat die foto;s nie so graet uitgekom het nie, die een is rerig mooi.
ctiekamie- wtf
boendoe – ek is nie bang vir gogas en stuff nie, hulle intrig my baie. hulle moet net nie onverwags op my spring dan is ek oraait.
wipneus – ek tel hulle stadig maar seker en dankie vir die inloer, ek is baie beter, een dag op n slag en kyk net vorentoe, en nie agtertoe nie ne. ek sal vir huntere groete se sodra hy terug is van s hunting trip af.
Hoekom Hunter? Het hy homself so bekend gestel of het jy sommer besluit dis sy naam?
Gewoonlik gril ek myself in ‘n ander bloedgroep in vir goggas, maar ek hou nogal van hottentotsgotte – in my sitkamer bly een in een van die potplante, en sy naam is Sticky.
Hy het sulke snaakse kamoevleer kolle op sy lyf, lyk of hy reg is om te gaan jag, gedink dis n heel gepaste naam.
ek kry nogal dikwels van hulle in my blompotte (plantbakke?)…kleintjies en grotes en later wittes en dooies