Hierdie is een van my gunstelling bands (wel ek luister na so n wye verskeidenheid) maar ek hou van die musiek videos veral, in n kunssinnige manier. Hoop julle geniet dit ook, ek weet dis nie vir almal nie. ![]()
From Yesterday – Ek hou rerig baie van hierdie video.
The Kill
Capricon











Ek luister toe eerste Capricon, nodeloos om te sê ek skrik my amper uit my stoel uit!! Die volume was te hard!!
Miskien moet jy volgende keer vir my ‘n waarskuwing op sit!!! whahahaha Maar ek hou van die eerste een!
Whahaha Wip! Nou weet jy hoe ek gevoel het daar by jou!
EK hou van die musiek, maar die 1e video is ook my favorite! Uit watse movie kom daai eerste deel? Ek het dit gesien maar kan nie onthou nie….
Askuus Wip, hehehe…..
Ek is bly julle hou van die eerste een. Kaalvoet ek sal moet gaan dink uit watter movie dit kom, is dit nie dalk die LAST EMPEROR – die laaste kind emperor.
The Last Emperor het my aangegryp en was ‘n GREAT movie!
Hou baie van al 3 songs!
Thanx vir die naam van daai movie! Ek kan nooit die name onthou nie
Dit was ‘n stunning fliek gewees. Dink ek moet dit weer kyk, want ek kan ook nie so lekker al die detail onthou nie. Ag toggie, ek is van vergeet aanmekaar geslaan!
Kan iemand vir my se hoekom sommige YouTube videos vir my die volgende se: Sorry, but the video is nou longer available? Dit maak my stapelgek!
ek sal moet uitvind boendoe, maar ek is met jou, dit kan my teen die mure opdryf, veral as dit werk deur youtube,maar dan geen hy die boosdak as ek dit op n blog probeer kyk.
Net my idee….
Partykeer is dit die rede dat die persoon wie dit op youtube gepost het, dit weer afgehaal het en die link nie meer werk nie.
Dalk, maar demmit, SEKONDES nadat jy dit gepost het?? Met SpongeBob het ek amper histeries geraak – ek kon so te se geen van die goed gekyk het nie! Erens het ek gelees dat sekere videos nie in sekere lande te sien is nie? Dit word geblok.
sorry boendoe dat jy nie dit kan kyk nie,
MJ tyd vir ‘n nuwe inskrywing of hou jy langnaweek?
Ek wil nog van die Harvest festival sien!!
Ek het al gevind mens moet net refresh (soms meer as 1 keer), dan speel die video. Ek weet ook nie hoekom dit so maak nie!
Wipneus ek verwerk nog op die oomblik slegte nuus vanaf SA, dis vir my rerig moeilik om hierdiekant van die wereld te sit en ek moet via email hoor dat mense wat naby aan my is nie meer met ons is nie. Ek kan nie eers by die begrafnis wees nie, dit eet my van binne af op, so ek is net besig om dit te verwerk, maar sorr ek sal so spoedig moontlik die MJ blog op datum kry.
Jammer om te hoor van die slegte nuus, Mocka. Dis die een goor ding van in die vreemde sit. Dink aan jou.
Hi MJ ek is so jammer om dit te hoor! Sterkte vir jou!
Ek wil net weer vir jou kom sê ek dink aan jou MJ, sterkte!
Baie dankie Boendoe en Wipneus. Dit word rerig baie waardeer.
Ek het n interesante chuseok gehad, en daar sal definitief n blog daarvan kom, so hou maar die spasie dop.
“luisteringswaardig”
definitief die moeite werd om na die man se mooi oë te kyk