Ek het my kreatiwiteit terug gekry, na maande se gesoek. Dit voel of ek van vooraf moet begin leer om te teken en verf, maar dis so lekker om weer soos n kind te kan dit doen. Ek het vanaand vir die eerste keer in meer as 3 jaar n verf kwas opgetel. Dit was vreemd en frustreerend tergelyke tyd maar dis soos om fiets te ry. Dit vat net tyd en geduld. Hier is n paar foto’s van die afgelope maand se sketsies wat ek gemaak het. Ek weet ek kan baie beter teken en verf, maar dis okay vir nou.

(Tradisionele koreaanse papier en ink)

(Observatory in Downtown Gyeongju – My eerste verf sessie in ‘n lank tyd)

(Bug, duim en ek - potlood sketse deel 1)

(Potlood sketse deel 2)











YEah! Ek sien uit na al die kuns goete wat jy nog gaan wys! Hou nou net so aan!
Ek het nog nie weer my verf/teken muse gekry nie…hy hou laaaaang vakansie!
HEEEEHAAAA! Lyk my jy het meer gereeld ‘n uittrapsessie nodig! Dis pragtig Mocka, Moet nou nie weer ophou nie! So ‘n talent is uitsonderlik! Gebruik dit!!!
Dankie, ek sal so maak kaalvoet.
Wil vir my so voorkom Pikkelik. Dit help so nou en dan.
Ek’s bly jy het die kreatiwiteit terug! Soos ek al voorheen gese het: Jy het talent en moet dit nooit afskeep nie!
NS: Ek hou baie van Cheomsangdae
MJ, soos ek voorheen gese het, jy teken en skilder pragtig. Ons sien uit na die volgende reeks..
Mmm, hoekom teken jy jou tande so skeef
baie oulik gedoen hoor!
Dit is baie spesiaal om kreatief te kan wees! Jy moet elke oomblik geniet en uitleef, en gee daardie kreatiwiteit kos!
Die eerste keer dat ek jou kuns sien (en jou blog besoek), maar dit lyk al klaar vir my baie interessant.
Ek is mal oor jou kuns en is so bly jy het jou muse terug gekry
Nou ja, lyk heeltemal goed vir my. Hou aan!
Baie dankie vir die positiewe kommentaar almal, word waardeer.
Zee, omdat ek n karakatier tekening van myself moes doen vir n projek.
Annerkant – Dankie vir die inloer
Dit is pragtig!!
Dankie Tersia