Hi, ek is terug. Sjoe dit voel of ek ek weg was vir n baie lank tyd. Ek het n interesante vakansie gehad, ek het wel nie baie getoer nie maar net om weg te kon wees vanaf die rasende klomp chopsticks kids was goed gewees. Ek is nou weer reg vir die klomp en die goeie ding is dat ek nog net 16 weke oor het voor ek terugkeer na my tuisland. Ek sien so baie uit om my familie en vriende te kan sien. Ek moet se om n jaar afgesny te wees van mense wat belangrik in jou lewe is sal vir enige iemand moeilik wees. Ek beplan egter net om te gaan kuier vir maksimum twee maande. Yip ek gaan n noge jaar kom aandurf, tenminste weet ek nou wat voor gaanle en ek sal genoeg voorraad saambring sodat volgende jaar nie so lank voel soos die een nie.
Mens kan so maklik aanpas met nuwe omstandige hede en die omgewing waarin jouself vind en ek moet myself telkemale herhinder dat ek in Korea is en nie by die huis nie. Reality checks word gereeld gedoen. Ek kan sweer dat ek tussen die koreaanse gekleteer partykeer afrikaans begin hoor en ek weet dit klink nie normaal nie, maar ek dink dis die verlangendheid daarna wat my so laat dink.












Hi Mj ek kan dink dat jy nou al vreeslik verlang!! Gelukkig is dit om die draai en twee maande is ‘n lang kuier. Ek dink om in Korea te werk is lekker. Nie almal het die geleentheid om dit te kan doen nie.
As ek kon sou ek dit wraggies gedoen het, mens lewe net een keer!!
Ek is bly jy het jou vakansie geniet, welkom terug!
Wipneus – dis wat my hier hou is die feit dat mens net eenkeer so n geleentheid kry.
Dis n belewenis en hier gebeur elke dag soveel dinge om n mens wat jy nie gewoont is dat dit dinge interesant hou. Dankie, dis net jammer dit was te kort.
[...] News » News News Terug hok toe….2008-08-08 05:53:44Vir te kan sien. Ek moet se om n jaar afgesny te kan sien. Ek moet se om my [...]