So my rekenaar het n wurm. 10 000 om presies te wees ( dood ernstig). Ek kon darem nog op die internet werk met minor probleempies, maar dis nou waar ek nie meer kan nie. Al my blogs is weg, dis alles ge-erazed. die folder op my rekenaar met al my files in en foto’s het gefanish without a trace. Ek maar van voor af moet begin. Ek dink ek kort drank of iets om die skok net eers oor te kry. Oor die algemeen is ek vir rekenaars en tegnologie, maar nou is ek nie so seker nie. Blogdesk is weg.
Meerderheid van my porgramme is weg. Ek kan nie eers ‘n foto upload op die blog nie. te veel errrors wat uit gegooi word. Dus sal ek maar vir eers die copmer moet vat om te kyk of hulle haar kan red en of ek solank moet begrafnis reelings moet tref.
ek haat wurms…
Julie 20, 2008 by mockajava












Jinne, Mocka, dis bad! Ek hoop sy kan gered word! Sterkte, sterkte, sterkte!!
thanx boendoe. Ek het n afspraak gekry vir die week. Ek tik nou maar vanaf die skool waar ek werk. Sy wou nie eers wakker word vandag nie. Ai toggie toggie
Dis wat gebeur as jy nie vroegtydig dr toe gaan nie MJ! Hoop hulle kan jou files recover, maar ek is sekr hulle sal kan!
Ek weet hoe dit voel. mag die wurm wat wurm virusse uitgevind het se wurms hom pla.
Jinne, sterkte met die reddingspoging. Drank help om wurms dood te maak, of dan ten minste hulle impak beter te hanteer. Of dalk moet jy eerder by ‘n paar koppies mocca hou.
eks regtig jamer, dit gebeur, dan moet mens weer probeer, jou blog was so mooi. hoop jyt gebackup iewers
shoe sad
groete
ekke
Baie sterkte! Mens voel sommer verlore sonder jou pc!
Dis ‘n gatslag!
Hoop jy kom reg!
As dit my tref skreeu ek so hard dat julle daar in skrefiesoogland sal hoor!!! Ek sal dan sommer ook ‘n beroerte kry terwyl ek my eie miniatuur Eifeltoring bou!!! Sterkte vir jou en ek hoop jy kry die ding weer aan die gang!
Soos ‘n parasitologie dosent homself eenkeer weerspreuk het: “Wys my julle wurms, dan wys ek julle myne!”
Ek weet nie wie het harder gelag nie!