Ek het die afgelope tydjie nie rerig tyd gehad om rerig enige iets te doen behalwe skool werk. Ek kla nie oor die werk nie, almal moet elke dag opstaan en werk toe gaan al hou mens nie daarvan nie, maar – ja daar is altyd flipping maar. Dis rerig n moerse challenge om optestaan en na my werk toe te gaan met die wete dat maak nie saak hoe hard jy probeer om postief te wees nie, dat daar iets gaan wees wat jou dag sommer net op gaan fonk. Ek weet nie na die week meer wat voor, agter, links of regs is nie, ons het sommer ook nou n hele nuwe setup vanaf maandag, wat moontlik n goeie ding is, tyd sal maar leer.
Inelke geval ek was tussen die dinge siek gewees, een van die kleine skrefies monsterkatjies het iets skool toe gebring, glo my dit was n gemanipuleerde gekastreerde en gekalibreerde HGF griep virus gewees. Ons was in kwarantyn vir die week gewees, maar nie vanaf die kinders nie, nee ons westerse onderwysers mag nie uit gegaan het of in enige kontak met ander westerlinge gekom het nie. Ons was woensdag dokter toe geneem om getoets te word vir die malle pienk ek bedoel vark griep. Nope niemand van ons het dit nie, so ongelukkig moes ons maar net verder gaan werk het.

(Hierdie gevind op facebook – een van my vriende het die snaaksheid daarin in gesien)
Ek dink as ek hierdie jaar voltooi gan ek eers n ordentlike vakansie neem voor ek terug kom om skool te gee. Ek ek sal rerig tweekeer daaraan dink om weer vir kindergarten kids klas te gee, ek gee nie om om hard te werk nie, maar hierdie is n hele ander ball game waarvoor jy jouself moer mentaly and physicaly moet voorberei om dit aan te pak.
Gepraat van die monstertjies, hier is n paar van hulle sodat julle kan sien hoe hulle lyk, en ja ek weet van hulle is quite, maar glo my, dis net omdat ek die kamera aan is, wag tot ek die klas moet begin, dan transformeer hulle in demoniese etermagoggieskakerlakasssas ( nee nie rerig nie, hulle is nou op die stadium wat hulle verstaan as jy basiese dinge vir hulle se)














Dan het die koreaanse pininsula mos nou die afgelope week baie verskyn op CNN, die eerste een was die selfmmoord van die vorige suid koreaanse president en wat die redes daarvoor was, en vandag was die public funeral ceremony gewees – die hele storie het ek nie so mooi gevolg nie, maar my liewe moeder het my sommer nou die dag vertel, was dit nou nie te gaaf van haar nie. Noord korea is beisg om kern toetse te doen en dit maak dinge hierdiekant baie ongemaklik vir die suid koreaanse government. So ek sal maar vir eers die DMZ toer afstel, ek is te blerrie bang ek word gebom.
Verskoon die onvolledigheid van my nuus, ek tik soos ek onthou en ek is nie baie goed met die onthou gedeelte nie, ek was heel agter in die ry toe daardie upgrade uit gedeel was om eerder geinstall was.
Ten laaste het ek n liedjie vandag (Vrydag)gehoor, wat my baie laat verlang het na Suid – Afrika en terselfde tyd weer hartseer laat voel het vir die toekoms. Kyk na die video en laat weet wat julle daarvan maak.
TYD OM TE TREK – BOK VAN BLERK




















































